Call for action/af

From Strategic Planning


Wikimedia is 'n wêreldwye aksie deur vrywilligers. Van links na regs is Wikimediane in Swede, Israel, Ysland, Chili en New York.

Verbeel jou 'n wêreld waarin elke enkele mens verniet kan deel in die somtotaal van alle kennis. Dit is ons doelwit.


Ons is nou in die finale maand van ons ambisieuse poging tot 'n vyf jaar strategiese plan vir die Wikimedia beweging deur 'n oop gemeenskapsproses. Oor die afgelope 11 maande, het meer as 'n duisend persone direk bygedra tot hierdie proses, wat afgeskop het met 'n breinstormsessie, en aanbeweeg het na navorsing, diepe oorleg en ontleding, en uitgeloop het op 'n stel prioriteite vir die beweging asook 'n groot getal idees omtrent die wyse waarop hierdie doelwitte bereik kan word.

Noudat ons hierdie proses tot 'n einde bring, is ons grootste uitdaging om hierdie idees in aksie te omskep. Hier op Wikimedia se strategiese beplanningswiki, sal jy 'n lys van aksiegeleenthede vind, wat georganiseer word rondom die prioriteite wat hulle ondersteun. Ons wil jou graag uitnooi om 'n vrywilliger te wees en pa te staan vir hierdie aksiegeleenthede. Hier is net 'n paar voorbeelde:

Wikimedia werk omdat honderde of duisende mense van oor die wêreld sorg dat dit werk. As ons ons doelwitte vir die volgende vyf jaar sou wou bereik, benodig ons van elke persoon om in te spring.

Om te begin werk aan hierdie geleenthede, gaan na die Wikimedia hoofblad, en indien jy vrae of gedagtes hieroor het, bespreek dit by die Village Pump. Jy kan nuwe idees voorstel, bestaande idees bespreek en wysig, en aanteken om aksie te neem. Besoek asb. die hoofblad en sluit aan by ons almal om hierdie visie te verwesentlik: Verbeel jou 'n wêreld waarin elke enkele mens verniet kan deel in die somtotaal van alle kennis. Dit is ons doelwit.

Dankie.


met agting,

Michael Snow
Michael Snow



Michael Snow
Voorsitter van die Trusteeraad,
Wikimedia Stigting

Jimmy Wales
Jimmy Wales



Jimmy Wales
Stigter en Raadslid,
Wikimedia Stigting